OUDTSHOORN NUUS - 'n Bekende inwoner van 11de Laan, Bridgton, Sophia van Aardt, het verlede week haar 90ste verjaarsdag saam met familie en vriende gevier en is steeds vol koddige sêgoed.
Van Aardt, alombekend as Suster Fytjie, is 'n boorling van Oudtshoorn.
Haar man, Flip, het haar in 2002 ontval. Twee van hul 12 kinders, Eva en Marilyn, leef nog en sy is die ouma van 16 kleinkinders en 18 agterkleinkinders.
Saam met haar staan Berta Prins, Marthinus Meyer, Eva van Aardt en Sheryl Meyer.
ARTIKEL EN FOTO: GARNETT WICOMB, OUDTSHOORN COURANT KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'