MOSSELBAAI NUUS - Die Suid-Kaap Fynproewersgilde en hul gaste kry op 4 Augustus 'n unieke geleentheid om by Sjef Emile Nel oor kookkuns te leer wanneer hy ‘n meesterklas aanbied in die kuns van kooktegnieke.
Sjef Nel, van die Chef's Emporium Restaurant by die Dias Hotel, gaan ook vir sy besoekers wys hoe tegnieke gekombineer word om interessante disse te maak.
Kom leer saam met die Fynproewers om vreesloos te kook. Die geleentheid begin om 08:30 vir 09:00. Kontak Wendy Bremmer (082 924 2428) om te bespreek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'