Gallery Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Brand wat in die rivierloop naby huise in Klein Karoostraat uitgebreek het, kon vinnig geblus word danksy die vinnige optrede van vier kinders.
Volgens die vier, waarvan drie in dieselfde straat bly, het hulle die vlamme gesien.
Hulle het dadelik die brandweer geskakel en toe probeer om van die vlamme wat na 'n erf toe beweeg het te blus.
Die brandweer kon die vuur blus voordat enige eiendom skade gely het.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'