OUDTSHOORN NUUS - Die Extreme Ride For Hunger-fietsryers van die Meals on Wheels-liefdadigheidsorganisasie het verlede week 30 kospakkies aan begunstigdes by die Sewendedag Adventiste Kerk afgelewer.
Volgens een van die fietsryers, Beven Jeneke, het hul fietstoer 'n week gelede in Johannesburg begin en deur Kimberley gependel tot in Kaapstad waarna hulle weer sal terugkeer.
"Ons gebruik die passie van die fietsryers om sover as wat ons gaan 'n verskil te maak in gemeenskappe met behulp van borge. Op ons reis kon ons al 15 gemeenskappe bystaan."
Rico Kumutu van Meals on Wheels het tydens die oorhandiging van die kospakkies die fietsryers vir hul onbaatsugtige opofferinge bedank.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'