OUDTSHOORN NUUS - 'n Fietsyer wat vroeër vanoggend op die grottepad doodgery is, het op een van die nabygeleë plase gewoon.
Volgens ooggetuies, het die bejaarde vrou wat die voertuig bestuur het, vanuit Oudtshoorn se rigting gery.
Dit blyk dat die fietsryer ook vanuit die dorp se rigting gery het en by een van die plaasafdraaie wou inry toe die voertuig hom tref. Hy is deur die voorruit van die voertuig.
Die vrou het ongeveer 500m verder deur 'n heining aan die linkerkant van die pad gery waarna sy teen 'n betonblok, wat langs die pad gestaan het, gebots het.
Die liggaam van die man is langs die voertuig aangetref.
Die bestuurder van die voertuig is deur 'n ambulans na 'n hospitaal geneem. Dit is onbekend of sy enige beserings opgedoen het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'