"Die kindjie was in 'n geel plastieksak, toegedraai in 'n swartsak," het Hendrik Goliath (50) van Tweedelaan, Bongolethu Maandagoggend om sowat 10:30 vertel. In die agtergrond was polisielede in gietende reën besig om die toneel te ondersoek. Goliath het 'n menslike fetus ontdek en die sak in 'n kartonhouer geplaas.
Goliath het ook 'n handgranaat in dieselfde sak gevind.
Polisie, munisipale wetstoepassers, sowel as weermagpolisielede was Maandag op die toneel.
Volgens omstanders wat daagliks op die stortingsterrein aanwesig is, was die vullis van die plaaslike Infanterieskool afkomstig. Dit kon egter nie bevestig word nie.
Kapt. Gretchen Michaels, woordvoerder van Oudtshoorn-polisie, het bevestig dat `n geregtelike doodsondersoek word gedoen word. "Die handgranaat wat gekry is, was 'n M26 oefengranaat," het Michaels gesê.
Polisie ondersoek die toneel waar 'n fetus, in 'n geel plastieksak, in 'n kartonhouer gelaat is. Foto's: Jacques Swart
ARTIKEL: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'