OUDTSHOORN NUUS - Eljada Nasorg vir volwassenes met intellektuele gestremdhede het verlede Vrydag hul jaarlikse Kerspartytjie gehad.
Besighede in die dorp het tafels mooi gemaak om te verseker dat dit weereens 'n onvergeetlike aand vir inwoners, personeel en gaste was.
Die aand sou egter nie moontlik gewees het as dit nie vir Joan Joubert was nie.
Dit is die elfde jaar wat sy die spesiale partytjie reël.
"Vir ons inwoners is hierdie partytjie is reusebederf. Elkeen van hulle word opgetof met grimering, aandrokke en strikdasse. Ons by Eljada bedank almal wat 'n bydrae gelewer het tot die sukses van die aand," het sy gesê.
Carson Solomons en Amber Saaiman van WGB-dansskool, bekende baldansers van Oudtshoorn, het almal met hul danspassies vermaak.
Eljada-inwoners geniet die Kerspartytjie. Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'