OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Vier vrouens wat dit jaarliks hulle missie maak om ordentlik fees te vier, staan onder feesgangers as die Feeskatte bekend.
Die Oudtshoorn Courant het vandag hierdie kleurvolle karakters, wat onder skuilname feesvier, opgespoor en met hulle gesels.
Een van hulle het reeds al 24 kunstefeeste bygewoon. Lippies Koekemoer, die oudste kat van die trop, sê hulle was aanvanklik skrikkerig omdat die fees vanjaar veranderinge ondergaan het.
'n Tweede lid van die groep, Dr E, is die afgelope 18 jaar saam met Lippies by die fees.
"Ons was werklik aangenaam verras. Ten spyte van die veranderinge wat die fees ondergaan het, bly dit steeds 'n puik fees om by te woon. Die vertonings was van goeie gehalte en ons is mal oor die nuwe opkomende akteurs. Daar is soveel talent onder hulle," het Lippies gese.
Volgens haar is hulle effe teleurgesteld in die feit dat Baron van Reedestraat stil geword het. "Die KKNK gaan dalk te gesentraliseerd word."
Kyk 'n video hieronder.
Die Feeskatte is, van links, Koekie von Blik, Sally Langkloof, Dr. E en Lippies Koekemoer.
Lees die volledige berig in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'