OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn se Huisbesoekers van die Stigting vir Gemeenskapswerk (FCW) het as deel van hul Familie in Fokus-program op Jeugdag sop en broodjies uitgedeel en daarna mense ingelig oor die bemagtiging van behoeftige ouers en hul kinders.
Die Familie in Fokus-program is volgens Landré Januarie, die Oudtshoorn-koördineerder, gemik op die behoeftes van kinders tussen 0 en 6 jaar en hul families wat in 'n omgewing van armoede, werkloosheid, misdaad en geweld grootword.
Belangstellende families en mense wat belangstel om 'n huisbesoeker te word kan Januarie by 072 356 2536 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'