Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die Extreme Ride For Hunger-fietsryers van die Meals on Wheels-liefdadigheidsorganisasie het vandag, 7 Maart, kospakkies aan 45 families by die Sewendedag Adventiste afgelewer.
Volgens een van die organiseerders, Gershon Naidoo, het hul fietstoer 'n week gelede in Johannesburg begin en is hul volgende stop in Montagu waarna hulle weer sal terugkeer.
Henrico Kumutu van Meals on Wheels het tydens die oorhandiging van die kospakkies die fietsryers vir hul onbaatsugtige opofferinge bedank.
VIDEO: Extreme Ride For Hunger-fietsryers gee kospakkies uit
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'