Die SWD-ontwikkelingsklas is gewen deur Rietha Oosthuizen in haar Golf. André van Tonder, in `n Golf was in die tweede plek, gevolg deur Dandré Swart ook in `n Golf.
Die klassieke agtsilinderklas is gewen deur André le Roux (BMW). Corné Oosthuizen (BMW) was `n kortkop agter hom, gevolg deur Werner Oosthuizen (BMW). In die gemodifiseerde viersilinderklas het Christopher Burisch (Golf) met die louere weggestap. Hy is gevolg deur Juan van Rensburg (Golf) en Izaan Keller (Golf). In die hitstjorklas was Sydney van Rensburg (Polo) eerste, gevolg deur Vian Verwey (Nissan).
In die gemodifiseerde agtsilinderklas was Bennie Greyling die wenner, gevolg deur Lodewyk Lotz en Piet Combrink, almal agter die stuur van `n Chev 350.
Hendrickus Botha is die dorp se trots na sy vertoning in die eerste been van die SA kampioenskappe wat verlede naweek in PE plaasgevind het. Nadat hy ewenaarprobleme in die eerste uitdun ervaar het, het hy teruggekeer om die tweede uitdun asook die finaal te wen.
Burger van der Westhuizen moes ongelukkig onttrek na sy motor se vergasser probleme begin gee het.
Christopher Burisch se Golf was eerste in die gemodifiseerde viersilinderklas.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'