Dit was Dinsdagaand die boodskap van die skool se hoof, Hennie Baartman, tydens Eljada-Kairos se borge-aand by die Riempie Hotel.
Baartman het gesê dat hy al 21 jaar by spesiale onderwys betrokke is en presies weet watter behoeftes ge-stremde leerders en hulle ouers het en watter struikelblokke oorkom moet word.
Die skool voorsien in die opvoedingsbehoeftes van leerders met verstandelike gestremdhede en outisme tussen 4 en 18 jaar en het 'n uitgebreide personeel van bykans 100 as al die ondersteuningspersoneel bygereken word.
Wat die gaste van die aand betref het Baartman gesê dit is die skool se manier om vir die groot aantal borge dankie te sê.
"Ons fondse en toerusting vanaf die staat is nie genoeg om in ons leerders se spesiale behoeftes te voorsien nie, en of jy nou 'n koek skenk of toerusting van duisende rande is jy vir die skool van ewe groot be-lang en daarvoor sê ons dankie."
Hy het die versekering gegee dat ouers hulle kinders met vertroue aan Eljada-Kairos se personeel kan toevertrou, want "hier word julle kinders die beste moontlike sorg en opvoeding gebied en hulle is veilig".
Die maatskappy, Ricoh, wat die skool van kantoortoerusting en kopieermasjiene voorsien, het die aand geborg.
'n Deel van die groep gaste wat Eljada-Kairos Skool se borge-aand bygewoon het.
Alice le Roux, Willem Burger en André van Greunen verkeer gesellig saam.
ARTIKEL EN FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'