OUDTSHOORN NUUS - Eljada Nasorg in Oudtshoorn en Up with Down's in George het Vrydag 24 Februarie, hul jaarlikse gala- en troutrek-byeenkoms by die swembad in Kerkstraat gehou.
Deelnemers het aan verskeie aktiwiteite soos treintjie-treintjie en stapitems deelgeneem.
Daar was ook die brawes onder hulle wat 'n vollengte geswem het. Aan die einde van die dag is 'n eerste, tweede en derde plek aangewys waarop elke deelnemer geweldig trots was.
Ankia Smith, 'n instrukteur by Eljada Nasorg, sê die gala word gehou sodat hul kliënte deel van die samelewing kan voel.
Deelnemers besig met die stapitem.
"Dit doen ons kliënte se selfkonsep goed wanneer hulle hard oefen en dan bereik waarvoor hulle geoefen het. Elkeen ontvang ook 'n sertifikaat aan die einde van die dag," het sy gesê.
Die nasorgsentrum wil graag vir Ford Oudtshoorn, Nita April, Paul Amas, ds. Sammy du Plessis. Drien en Panda Abrahams, Susan Lerm, Attie en die personeel van Kerkstraat se swembad en munisipaliteit bedank vir hulle bydrae en fasiliteite.
Van links is Emmerentia Prins, Ankia Smith, Loretta Stuurman, Meryna Oosthuizen en Heida Botha, almal instrukteurs by Eljada Nasorg.
Deelnemers wat hulle beurt af. Foto: Sonia Wahl
Deelnemers van die verskeie sentrums sit en wag vir die verrigtinge om te begin. Foto's: Sonia Wahl
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'