OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit, departement plaaslike regering en ekonomiese ontwikkeling, en Tourism Transformation Mission het koppe bymekaar gesit om te begin met die saamstel van 'n ekonomiese sosiale profiel vir Oudtshoorn.
Professore Daan Toerien en Melville Saayman het Vrydag 16 Februarie 60 Oudtshoorniete wat by die ekonomiese ontwikkeling van die dorp betrokke is, by Headlines Restaurant toegespreek.
Toerien het die klem op die ekonomiese ontwikkelingsaspekte gelê, terwyl Saayman toerisme ontwikkeling aangespreek het.
Ander sprekers het ook breedvoerig Oudtshoorn se misdaadstatistieke aangespreek.
Saayman het aan die gaste gesê hul moet meer na natuur gebaseerde toerisme neig, aangesien 80% van buitelandse toeriste Suid-Afrika se natuurlewe geniet.
"Natuurtoere en avonture daarin is vir buitelandse toeriste baie belangrik.
Hierdie tipe toerisme aktiwiteite bring geld in vir dorpe en dra by tot werkskepping.
In sy toerisme voorlegging het hy gesê hy het navorsing gedoen oor wat bydra tot Oudtshoorn se grootste toerisme inkomste en hulle by die naam genoem.
Dit is (nie in volgorde van inkomste): Kango-grotte, Cango Wildlife Ranch, Swartbergpas, Highgate-volstruisplaas, Karusa Vineyard and Wines, Meerkattoere, Buffelsdrift Game Lodge, Cango Caves Zip Line, KKNK en Roete 62.
Toerien het statistieke voorgehou en geadviseer oor ekonomiese ontwikkeling.
Die voorleggings word nou deur die drie organiseerders ontleed vir die saamstel van 'n verslag.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'