Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die Oudtshoorn Courant het gister met 'n aantal besigheidseienaars gesels en die prentjie vir die dorp lyk baie sleg.
Alhoewel enkele besighede aangedui het dat hulle die inperking gaan oorleef, het 'n hele aantal gesê hulle weet nie hoe of wanneer hulle weer sal kan oopmaak nie.
Die nasionale inperking is die derde ekonomiese ramp wat die dorp getref het en volgens 'n bekende sakeman is baie mense se reserves reeds uitgeput.
"Dit is die droogte, toe die kansellasie van die KKNK en sportgeleenthede, en nou is ons deure heeltemal toe."
Wanneer daar geluister word na sakemense se bekommernisse is dit duidelik dat Covid-19 se gevolge veel wyer as bloot 'n mediese krisis strek.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'