OUDTSHOORN NUUS - Te danke aan 'n vennootskap tussen die Oudtshoorn-munisipaliteit en die Wes-Kaapse biblioteekdienste gaan daar 'n biblioteek in Rose Valley aangebring word.
Volgens Aurelia Oliphant, woordvoerder van die munisipaliteit, het die Wes-Kaapse biblioteekdienste R8,5 miljoen vir die projek aan die munisipaliteit gegee.
Die beplanningsproses behoort in tussen Januarie en Julie 2018 begin
"Ons wil 'n leeromgewing skep waarin ons leerders in stilte en rustigheid navorsing en skoolwerk kan doen.
"Opvoeding vir ons jongmense en kinders lê my baie na aan die hart en ons het ons daarop toegerus om aktief betrokke te raak om die jongmense se leeromgewings te verbeter," het Colan Sylvester, die uitvoerende burgemeester, gesê.
Die provinsiale regering en die Wes-Kaapse biblioteekdienste het groot vordering gemaak om hul verantwoordelikhede teenoor openbare biblioteke dwarsdeur die provinsie na te kom.
Oudtshoorn is gekategoriseer as 'n B2-munisipaliteit wat beteken dat ongeveer 70% van die biblioteek se uitgawes betaal word aan die munisipaliteit om die bedryfskoste van die biblioteke te dek.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'