Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Man en vrou is laasnag dood toe 'n brand in hulle opslaanhuis in Schoemanspoort hulle oorval het.
'n Familielid op die toneel het bevestig dat die oorledenes Jeanette Blauw (ongeveer 45) en Adam Jansen (ongeveer 55) was.
Volgens Blauw se seun, wat 'n ent verder woon, het hulle vanoggend net na 06:00 by die huis verbygestap en gesien dat dit uitgebrand is.
Die egpaar was reeds dood.
Kyk 'n video hieronder.
Polisie op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'