GEORGE NUUS - Bevestiging is kort gelede ontvang dat die eerste persoon in George aan Covid-19 gesterf het.
Dit is die derde Covid-19-verwante sterfte in die Tuinroetedistrik. Die ander 2 gevalle was onderskeidelik in Mosselbaai en Knysna.
Nadia Ferreira, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, het by navraag gesê die persoon van George het Donderdag (21 Mei) gesterf.
Meer besonderhede kan nie bekend gemaak word nie as gevolg van die vertrouensverhouding met pasiënte. Ferreira het benadruk al die nodige protokol is gevolg.
276 sterftes is in die Wes-Kaap aangeteken.
Teen 13:00 vanmiddag was daar 44 bevestigde gevalle van mense wat positief getoets het in George, waarvan 18 herstel het.
Drie personeellede van die George-hospitaal het die afgelope week postief getoets en drie pasiënte herstel nadat hulle behandeling by die hospitaal ontvang het.
Ferreira het ‘n beroep op die publiek gedoen om te help keer dat die virus versprei.
Vrydag is bevestig dat 'n mediese dokter en twee verpleeg-personeellede van Mediclinic George positief getoets het vir Covid-19. Dit is deur Kassie Karstens, bestuurder van Mediclinic George, bevestig.
Volgens Karstens het die drie die afgelope week positief getoets en is hulle in selfisolasie by die huis.
Sowat 6 525 gevalle van mense wat herstel het, is aangeteken in die provinsie, met 6 422 wat aktief is. Dit bring die totaal van bevestigde gevalle vir die provinsie op 12 947.
IN SHORT - The first Covid-19 related death in George was confirmed today. This is the third Covid-19 related death in the Garden Route District. The other 2 fatalities were in Knysna and Mossel Bay respectively. According to Nadia Ferreira, spokesperson for the Western Cape department of health, the individual from George passed away on Thursday 21 May. 276 Covid-19-related deaths have been recorded in the Western Cape. The province has 12 947 confirmed cases, with 6422 active cases. As at 13:00 this afternoon, George had 44 confirmed cases of Covid-19: 26 active cases and 18 recoveries.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'