Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die eerste oefensessie vir die Oudtshoorn-Jerusalema-uitdaging het vanmiddag voor Jemimas Restaurant plaasgevind.
Ingrid Noble, die organiseerder, sê sy daag alle Oudsthoorniete uit om deel te neem en om op 26 September om 14:00 in Baron van Reedestraat bymekaar te kom.
Diegene wat geen idee het waar om te begin oefen nie, kan by die danslesse, wat spesiaal deur instrukteurs van die plaaslike dansskool, Pro Academy, aangebied gaan word, aansluit.
Die instrukeurs gaan die volgende paar weke inspring en op verskeie plekke oefensessies aanbied.
Die volgende oefensessies is Vrydag 11 September en Dinsdag 15 September vanaf 16:00 tot 17:00 en weer Saterdag 19 September van 14:00 tot 15:00 op die grasperk langs die C.P. Nel-museum lesse.
Noble sê die munisipaliteit het reeds ingestem om die gedeelte van Baron van Reedestraat tussen Voortrekkerweg en St Johnstraat op 26 September vir die middag te sluit.
Video en nog foto's hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'