Die Ondersteunersklub (GOK) het die dag aanvanklik as 'n fondsinsamelingsgeleentheid vir die skool beskou en volgens Nell was die dag so 'n groot sukses dat dit voortaan 'n jaarlikse instelling sal wees.
"Die publiek kan gerus die Oudtshoorn Courant dophou vir volgende jaar se datums. Dankie aan Robert den Drijver van die plaaslike munisipaliteit, Rawson eiendomme, ons hoofborg, aan Klein Karoo Koöperasie en aan al die handelaars wat deelgeneem het aan die dag," het Nell gesê. Handelaars wat aan die dag deelgeneem het, was Ford, Toyota, Hyundai, General Motors, Nissan, BMW, Cherry en Camp World.
"Ons is ook groot dank verskuldig aan Bennie van Safari Centre, Mosselbaai, wat al die herwinnings gedoen het en ook 'n herwinningsdemonstrasie gelewer het."
Na afloop van die dag se verrigtinge is 'n prysuitdeling, biefstuk-ete en dans by die skool se klubhuis geniet.
Die toekenning vir bestuurder van die dag het gegaan aan Cornel Landman en Philip de Wet in hul Toyota Landcruiser. Recovery van die dag: Deon Bosman. Persoonlikheid van die dag: Riaan van Rensburg (Dolphin Motors). Waterbekerkompetisie: Conrad de Wet (Een Stop Ford). Windbuks-skiet: Conrad de Wet (Een Stop Ford). Jong bestuurder van die dag: Dirk van Niekerk.
.jpg)
Die waterbekerkompetisie het vir groot pret gesorg.

Deon Bosman was een van die bestuurders wat koelkop gebly het onder druk.

Die manne kon ook hul staal met 'n windbuks wys.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'