OUDTSHOORN NUUS - Een vrou is vanmiddag na die hospitaal geneem, nadat sy in 'n ongeluk by die kruising van Voortrekkerweg en Jacobsonstraat betrokke was.
Volgens die bestuurder van die vragmotor het hy uit Jacobsonstraat links in Voortrekkerweg ingedraai.
"Die vragmotor is groot en het twee bane nodig. Toe ek in die linkerkantste spieëltjie kyk, het ek die Tazz gesien. Ek vermoed dat die bestuurder dalk die gaping links gesien het, maar nie besef het die vragmotor is so groot dat dit oor twee bane moet draai nie."
Volgens inligting wat die koerant ontvang het, het die vrou skouer- en nekbeserings opgedoen. Sy het van die bestuurders-kant van die voertuig, wat teen die vragmotor vasgedruk was, oorgeskuif na die passasiersitplek. Niemand anders is in die voorval beseer nie.
Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'