OUDTSHOORN NUUS - Een persoon is beseer na 'n ongeluk by die begraafplaas. Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant op die toneel was die pasiënt wat in die Avanza was reeds na die hospitaal geneem.
Die aard van sy beserings is egter nie bekend nie.
Volgens 'n omstander op die toneel het beide die Ford en die Avanza vanuit Dysselsdorp se rigting na die dorp gery.
Die Ford wou glo by Bridgton indraai toe die Avanza van agter in hom vasry.
Nooddienste is steeds op die toneel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’