OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn was verlede week een van 14 dorpe in die Suid-Kaap en Karoo wat deur die gemeenskapsradio, EDENfm, die afgelope twee weke besoek is met sy jaarlikse EDENfm, Power Trade Soup Drive.
Die stasiebestuurder, Morné Pietersen, het die groot aantal luisteraars van die radio wat van vroegoggend die koue trotseer het, bedank vir hul volgehoue ondersteuning.
"Die Soup Drive is 'n beskeie manier om dankie te sê," het Pietersen gesê.
Volgens hom het die projek sy vlerke vanjaar verder gesprei na drie dorpe in die Karoo, Prins Albert, Merweville en Beaufort-Wes, danksy die samewerking van Gamkaland Radio op Beaufort-Wes en groter steun van Power Trade en Sasko.
Volgens Henrico Gysman, EDENfm aanbieder van die oggend Rise and Shine-program, is 23 potte sop, die meeste op al die dorpe, op Oudtshoorn gekook en aan luisteraars uitgedeel.
Gysman, Sebastian Coleridge en Jolene Jaftha was van die omroepers wat in Oudtshoorn was.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'