OUDTSHOORN NUUS - Eden-sportraad se finaliste vir die Wes-Kaapse departement kultuursake en sport, het ses van die 24 kategorieë gewen.
Die Wes-Kaapse toekennings het Saterdag-aand 16 September in die Century City-konferensiesentrum, Kaapstad, plaasgevind en is in samewerking met die Wes-Kaapse sportraad aangebied.
Ses streke van oor die Wes-Kaap het aan die kompetisie deelgeneem.
Die Eden-wenners op die Wes-Kaapse podium is:
Eden-fietsry (met Corné Bence as president): Wes-Kaap Federasie van die jaar. Hulle het selfs die WP-rugbyunie uitgestof.
Christo Vermaak van Group Editors
(Oudtshoorn Courant): Wes-Kaap Sportjoernalis van die jaar.
Gerhard Jooste
Wes-Kaap Sportfotograaf van die jaar.
Die Oudtshoorn Christelike Jeugforum (Phillip Seroux)
Wes-Kaap Rekreasieliggaam van die jaar.
Eden Kgati (onderkapteinskap van Simphiwe Rayidi)
Wes-Kaapse Inheemse spelespan.
Heidedal Primêr se landloopspan
Wes-Kaapse Ontwikkelings skolesportspan van die jaar
Oudtshoorn Christelike Jeugforum se Phillip Seroux:
Wes-Kaap Reakrasieliggaam van die jaar.
Gerhard Jooste - Sportfotograaf.
Karin Bence het namens Eden-fietsry hul toekenning ontvang.
Hierdie wenners word nou saam met die ander 8 provinsies se wenners genomineer vir die SA Sporttoekenningsfunksie op Sondag 12 November.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'