DYSSELSDORP NUUS - Twee Dysselsdorper, Jessica Malgas en Yolandi Kiewiets, is besig om naam te maak vir hulself met hul eie besigheid, Rethink Bags, wat hulle met behulp van hul "beskermengel", Mary Carr, begin het.
Die drie stuks het 'n besigheid in Dysselsdorp by Kolping House waar hulle inkopiesakke en ander items uit onder meer valskermmateriaal maak en die Oudtshoorn- en De Rust-toerismekantoor het onlangs valskerms aan hulle geskenk om hulle met die projek te help.
Volgens Corleen Barnard, bestuurder van die toerismekantoor, het sy eendag met mense gesels wat valskerm spring en het sy aan hulle genoem dat sy mense ken wat die valskerms kan gebruik vir hulle projek.
Yolandi Kiewiets, Mary Carr en Jessica Malgas met die valskerms en produkte wat hulle daarmee maak.
"Hulle het toe die valskerms, wat hulle nie meer gebruik nie, aan my gegee om aan die dames van Rethink Bags te skenk," verduidelik Barnard.
Volgens Carr was die skenking vir hulle baie spesiaal en is hulle baie opgewonde om die valskerms uit mekaar te begin haal om met hul nuwe projekte te begin.
Lees die volledige berig in Donderdag se Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo-nuus'