DYSSELSDORP NUUS - Die moord van Eddie Gertse (27) die afgelope naweek in Dysselsdorp, het sy familie met talle vrae gelaat.
Volgens sy suster Edlin Gertse, is die moord van haar broer vir haar en haar familie 'n massiewe skok.
"Hy was nie 'n slegte mens of 'n moeilikheidmaker nie. Hy het nie verdien om so dood te gaan nie. Dit is so amper Kersfees en nou moet sy kinders die feesseisoen sonder hulle pa ingaan. Dit is mos nie regverdig nie."
Volgens haar was daar glo 'n stryery tussen hom en 'n ander man oor 'n meisie en is niemand presies seker wie hom doodgesteek het nie. Die moordwapen is wel gevind.
Ao. Joseph Swartbooi, Wes-Kaapse mediawoordvoerder, het Maandag gesê dat niemand nog in verband met die moord in hegtenis geneem is nie.
Lees die volledige berig in Donderdag se Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo-nuus'