OUDTSHOORN NUUS - Die department van sosiale ontwikkeling het vanoggend n dwelmmisbruik bewusmakingsprogram by die VGK Môreson gehou.
Algin Bowkers, een van die dwelmverslaafdes wat nou ten volle gerehabiliteer is, se Pa, Patrick Bowkers het in n emotionele toespraak die gehoor aangemoedig om nie moed op hul kinders te verloor nie.
Hy het ook in detail uitgebrei oor sy ervaring as ouer van 'n eens dwelmverslaafde kind.
Die department van sosiale ontwikkeling het die gemeenskap aangemoedig om 044 272 8977 te skakel indien hulle hulp nodig het in die stryd teen dwelms.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'