PRINS ALBERT NUUS - Lede van die Sentraal-Karoo-blitspatrollie en Prins Albert-polisie het verlede Woensdag dwelms ter waarde van R210 000 in 'n huis by Rondomskrik in Prins Albert gevind.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die span 4 132 Mandrax-tablette, 38 halwe Mandrax-tablette en 'n plastieksak met 680 gram dagga gevind.
“Die lede het ook net meer as R5 000 kontant gekonfiskeer, wat vermoedelik afkomstig is van die onwettige dwelmhandel. Die bewoners van die perseel, 'n man (54) en 'n vrou (57), is in verband met die vonds in hegtenis geneem.”
Hulle het Donderdag 17 Augustus vir die eerste keer in die Prins Albert-landdroshof verskyn op 'n aanklag van handel in dwelms.
Hulle is in aanhouding gehou en die saak is uitgestel na 23 Augustus vir 'n formele borgtogaansoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’