OUDTSHOORN NUUS - Pogings deur die polisie om dwelmhandel deur 'n intelligensie-gedrewe benadering uit te roei, het positiewe resultate opgelewer toe lede verbonde aan Eden-kluster misdaadvoorkomingseenheid, in samewerking met die misdaadintelligensietak Maandag op bekende dwelmhandelaars en persele toegeslaan het.
Volgens kaptein Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die lede 11 onwettige dwelmpersele in Bridgton, Bongolethu en ander dele in Oudtshoorn deursoek.
"Daar is agt persone tussen 18 en 52 jaar oud in hegtenis geneem. Daar is 49,5 kg dagga, 413 Mandrax-tablette en 12 gram tik by die persele gekry. Die waarde van die dwelms beloop R274 000. Die lede het ook op R3 919 kontant beslag gelê wat moontlik die opbrengs van die dwelmverkope kan wees. Daar is ook R20 000 se kraggereedskap wat vermoedelik gesteel is, gevind."
Pojie sê die verdagtes sal die week in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Waarnemende klusterbevelvoerder, brig. Phumzile Cetyana het die lede vir hul optrede geloof.
Daar is 49,5 kg dagga, 413 Mandrax-tablette en 12 gram tik by die persele gekry asook kraggereedskap wat vermoedelik gesteel is.
Die kraggereedskap wat deur die polisie gevind is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'