OUDTSHOORN NUUS - Een persoon is vir dronkbestuur in hegtenis geneem na 'n ongeluk gistermiddag in Voortrekkerweg.
'n Getuie wat die ongeluk gesien gebeur het sê die bestuurder van die Honda Ballade wou na bewering 'n U-draai oor die middelmannetjie maak.
Hy het in die proses 'n advertensiebord plat gery en dié het op 'n BMW geval wat van die teenoorgestelde rigting af gekom het.
Niemand is in die ongeluk beseer nie.
'n Advertensiebord is plat gery en dié het op 'n BMW geval.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'