OUDTSHOORN NUUS - 'n Vrou van Bongolethu wat deesdae op Pacaltsdorp woon, en aangekla word van poging tot moord, dronkbestuur en roekelose en of nalatige bestuur, het verlede week vlugtig in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Nandipia Thys-Maseko word daarvan aangekla dat sy op 27 Januarie vanjaar op die hoek van Dassieweg en Agtstelaan, Bongolethu, probeer het om vir John Marcel Muller dood te ry deur oor hom te ry.
Sy was glo ook onder die invloed van drank.
Landdros Roelf Konstabel het haar borgtog van R500 en borgtogvoorwaardes verleng en die saak vir verdere ondersoek tot 29 September uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'