OUDTSHOORN NUUS - Inwoners en toeriste sal oplet dat daar grys geverfde dromme, oral in Baron van Reede- en Hoogstraat staan.
Hierdie dromme is nie net met 'n plant versier nie, maar as jy nader stap sal jy sien dat die drom met 'n inligtingsplaatjie, oor toentertyd se geskiedenis van 'n gebou, versier is.
Die dromme, wat strategies voor historiese geboue geplaas is, vertel die leser meer oor die gebou waar die drom staan.
Twaalf dromme is in Baron van Reedestraat en 17 in Hoogstraat neergesit.
Die formele opening van die Erfenisstap (Heritage Walk) het op 30 Maart plaasgevind.
Chris Macpherson, burgemeester van Oudtshoorn, het die projek geopen, deur die deelnemers meer van die Coetzee en Van der Bergh Prokureurs-gebou se geskiedenis te vertel het.
Volgens Johan Breunissen, is dié projek voor die Covid-19 pandemie begin, en is die dromme in Hoogstraat nou oorgedoen en nuwe inligting is bygevoeg.
"Ons sal vorentoe nog historiese geboue, wat toeriste vriendelik is identifiseer." vertel Breunissen.
Een van die inligtingsdromme in Baron van Reedestraat.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’