Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Drie toeriste van Israel het vanmiddag 'n noue ontkoming gehad toe hulle gehuurde motor gerol het.
Hulle was vanaf Mosselbaai na die Kango-grotte onderweg toe die Fortuner sowat 20 km buite Oudtshoorn op die Mosselbaai-pad gerol het.
Een van die insittendes het op die toneel van duiseligheid gekla. Die ander twee het aan skok gely.
Al drie is per ambulans hospitaal toe geneem vir waarneming.
Sien 'n video hieronder:
Die toeriste was onderweg van Mosselbaai na die Kango-grotte.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'