KAROO NUUS - Die woordvoerder van die Wes-Kaapse provinsiale verkeersafdeling, Jandre Bakker, het bevestig dat drie mense op die N1 in 'n botsing gesterf het.
Die botsing reg van voor tussen 'n motor en 'n bakkie het ongeveer 34 km vanaf Lainsburg in die rigting van Prins Albertweg en Leeugamka gebeur.
Daardie gedeelte van die N1 is tans gesluit.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'