OUDTSHOON NUUS - Drie verdagtes wat met twee afsonderlike moorde die afgelope naweek verbind word, is kort na die moorde in hegtenis geneem.
Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie was die eerste voorval Saterdag 24 April om 04:10 in Rosevalley.
Die polisie is na die toneel ontbied en het die 36-jarige Dimitrie Visagie met 'n steekwond aan sy nek op die vloer van die woning aangetref. Paramadici het hom op die toneel dood verklaar. 'n Vrou(34) is op 'n klag van moord in hegtenis geneem nadat daar beweer is dat sy en die oorledene in 'n argument betrokke was.
In die tweede voorval is 'n persoon dood nadat hy met 'n baksteen teen die kop gegooi is. Die 35-jarige Christo Prins is Saterdagoggend, 24 April om 05:30 in 17de laan, Bridgton deur die baksteen getref en per ambulans hospitaal toe geneem waar hy later die oggend beswyk het. Die polisie het dieselfde dag daarin geslaag om twee verdagtes van 26 en 35 aan te keer en op 'n klag van moord te arresteer.
Die twee verdagtes sowel as die vrou wat by die eerste voorval betrokke was, het Maandag, 26 April, in die hof verskyn.
Talle arrestasies die afgelope week
Volgens Visser het die polisie op Oudtshoorn die afgelope week 94 verdagtes vir misdade gearresteer. Buiten die drie arrestasies vir moord was daar onder andere ook vier arrestasie vir dwelms, een vir dronkbestuur, vyf vir huisbraak, vyf vir besit van vermoedelik gesteelde eiendom en een vir die besit van huisbraak-gereedskap.
"Dit is belangrink om arestasies so vining moontlik na voorvalle uit te voer en ook om te voorkom dat misdaad plaasvind deur die arrestasie van mense wat implimente in hulle besit het waarmee moontlik ingebreek kan word," het Visser in 'n verklaring gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'