Update
OUDTSHOORN NUUS - Op die vierde dag nadat die Bridgton rugbyspeler, Gaylon Piedt, in die see by Wildernis verdwyn het, is daar steeds teken van sy liggaam nie.
Andrea Jooste, sy verloofde, het vanmiddag gesê polisieduikers het vanoggend hulle soektog voortgesit, maar niks gevind nie.
Piedt het Saterdagoggend saam met vriende by Leentjiesklip geswem toe hy onder die water verdwyn het. Sy pa, Henry, is steeds in George en het onderneem om nie huis toe te kom totdat sy seun gevind is nie.
Lees 'n vorige artikel hier: Man se liggaam nog nie gevind
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'