LADISMITH NUUS - Die feit dat drankwinkels tydens die inperkingsperiode gesluit is, het klaarblyklik tot 'n inbraak by Liquorland in Ladismith gelei.
Die inbraak het op Saterdag 11 April plaasgevind.
Polisielede wat op patrolliediens was,het omstreeks 23:00 twee verdagte persone naby Koningstraat opgemerk, maar die twee het toe in ‘n erf verdwyn toe die polisievoertuig stlhou.
Die Polisie het die erf deursoek en drank in ‘n plastieksak van die drankwinkel gevind. Met ‘n besoek aan die drankwinkel is vasgestel dat die diewe deur die dag van die gebou toegang verkry het.
Die waarde van die drank wat gesteel is kon nog nie bepaal word nie aangesien dit onseker is of die drank wat gevind is die enigste buit was nie.
Volgens Sersant Chris Spies, polisiewoordvoerder van Ladismith, is geen arrestasies gemaak nie en die ondersoek duur voort.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'