Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Twee mans is net na middernag laasnag hospitaal toe nadat hulle motor by die De Jagersportkompleks gerol het.
Dit blyk dat 'n klag van dronkbestuur moontlik ondersoek word.
Die botsing het laasnag omstreeks 00:10 gebeur toe 'n wit Hyundai wat in die rigting van Calitzdorp in Voortrekkerweg onderweg was, die pad byster geraak, deur 'n pallisadeheining gebars en tot in die parkeerterrein gerol het.
Volgens inligting op die toneel het die bestuurder 'n asemtoets ondergaan en is deur die polisie hospitaal toe vergesel.
Volgens inligting wat nog deur die polisie bevestig moet word, is daar ook items in die motor gevind wat aanleiding tot verdere ondersoek mag gee.
Geen ander voertuie was betrokke nie.
Kyk 'n video hier:
Die wrak van die Hyundai in die parkeerterrein van die De Jagersportkompleks.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'