OUDTSHOORN NUUSFLITS - Drama het Maandag in die Oudtshoorn-streekhof afgespeel toe die regsverteenwoordiger van 'n werknemer van 'n gastehuis, wat van diefstal van derduisende rande aangekla word, beswaar aangeteken het teen growwe onreëlmatighede in die regsproses.
Emmerentia Weyngardt se regsverteenwoordiger, Werner van Rensburg, het voor getuienis van die eienaar van die Montana gastehuis op Schoemanshoek, Wolfgang Beitz, beswaar gemaak dat sy kliënt nie 'n regverdige verhoor kry nie.
Volgens van Rensburg het Landdros Lamprecht geweier dat die verdedigings subpoena uitgereik mag word.
Van Rensburg het ook aangedui dat die staat se gebrek aan blootlegging van verdere beoogde getuies en uitstel wat die staat sal aanvra, "sal neerkom op konstruktiewe ontneming van sy klient se reg op regsverteenwoordiging van haar keuse, wat 'n skending van die regsproses is."
Van Rensburg beweer ook dat die ondersoekbeampte, Ao. Darome Burger, na haar getuienis onreelmatiglik met sleutel getuies in die hofgange gekonsulteer het.
Van Rensburg het selfoonfoto’s aan die hof voorgele ter stawing van sy aantuiging.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant asook aanlyn.
ARTIKEL: GARNETT WICOMB, OUDTSHOORN COURANT KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'