Hierdie toernooi het die plaaslike skopboksers 'n geleentheid gegee om te wys wat in hulle steek en het ook die vier SASCA (South African Sports Combat Association) SA - kampioene voorberei vir die WTKA (World Traditional Karate Kickboxing Kung Fu & All Styles Association) Wêreldkampioenskappe wat in November in Italië plaasvind.
"Die toernooi was ongelooflik. Dit was n harde toernooi waar ons "fighters" met goeie tegnieke en groot harte vir niemand teruggestaan het nie," vertel Ranger Grebe, eienaar van die klub. "Ek is so trots op elkeen van ons skopboksers – by so 'n toernooi kan ons ons meet aan ander klubs en ek is trots om te kan sê dat ons studente met top skopboksers kan meeding."
Volgens Grebe kon die ses-stuks kop-omhoog van die toernooi wegstap waar almal vol met lof gepraat het oor hul toegewydheid, tegniek en gesindheid.
Ses skopboksers van Oudtshoorn het goed gevaar by die SAAKA (South African Amateur Kickboxing Association) Ontwikkelingstoernooi. Van links is Dawid Blom, Megan Grebe, Anita Wheeler, Miné Graaff, Warnich Burger, Heinz Guder en Ranger Grebe. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'