OUDTSHOORN NUUS - Okkie Stander, 'n oudleerder van Hoërskool Oudtshoorn het tydens die Desember-gradeplegtigheid van die Universiteit van Stellenbosch, 'n doktorsgraad in geskiedenis ontvang.
Die onderwerp van sy navorsing was; Die voorkoms van wit armoede in Oudtshoorn tussen 1914 en 1937.
In sy navorsing het hy onder andere historiese-, omgewings- sowel as sosio-ekonomiese faktore wat tot verarming aanleiding gegee het, ondersoek.
Daarby is staatsingrepe op die terrein van onderwys, bosbou, spoorweë en besproeiing ten opsigte van armoedeverligting ontleed.
Stander het ook die gekontroleerde en gestruktureerde wyse waarop die plaaslike kerk gehelp het om armoede te probeer ophef aan die lig gebring.
In samewerking met die staat kon die kerk maatskaplike probleme oplos.
Sy promotor was professor Wessel Visser.
Stander en sy twee jongste twee seuns het vir die laaste twee jaar saam aan hulle onderskeie doktorsgrade gewerk.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'