LADISMITH NUUS - Die departement korrektiewe dienste het onlangs skool-klere aan 20 leerders van Towerkop Primêr geskenk wat deur beamptes van korrektiewe dienste self aangekoop is.
Denzil Johannes, hoof van DKD-Ladismith, het aan die leerders gesê: "Al wat ons van julle vra is dat julle hard werk en suksesvol moet wees. Ek is ook 'n produk van hierdie skool. Doen net jul bes soos wat jul skoolleuse sê."
Die opgewonde leerders het 'n volledige skooluniform ontvang.
Jannie Swart, skoolhoof, het sy waardering aan DKD uitgespreek en veral ook dat hulle juis op Towerkop besluit het.
"Die nood in ons gemeenskappe strek wyd en daarom is ons opregte dank vir hierdie onbaatsugtige daad," het Swart gesê.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'