OUDTSHOORN NUUS - Die vlak van die Raubenheimerdam het die afgelope week tot 58% gedaal.
Die munisipaliteit doen ‘n dringende beroep op inwoners om water oordeelkundig te gebruik en streng by die waterbeperkings te hou.
Intussen woed die brand in die Swartberge naby De Rust nog voort in die omgewing van Oulap, Kranskop, Rooiloop en Waterkloof.
Brandspanne van Eden, CapeNature en Working on Fire se prioriteit is om geboue en strukture wat moontlik in gevaar is, te beskerm.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'