OUDTSHOORN NUUS - Die BON Hotel-groep het vanaf Woensdag 1 Junie die administrasie, bestuur en bemarking van die Queen's Hotel oorgeneem.
Guy Stehlik, uitvoerende hoof en stigter van die BON Hotel-groep, sê dat dit 'n nuwe, opwindende hoofstuk vir hulle is.
"Die Queen's Hotel is in 1880 gestig en is onlangs tot haar oorspronklike glorie herstel, dis 'n groot dame van die Suid-Afrikaanse hotelbedryf. Die Queen's Hotel is 'n geliefde landmerk in Oudtshoorn wat deel vorm van die Tuinroete en in die hartjie van die Klein-Karoo geleë is."
Die Queen's Hotel se 42 elegante kamers is uitgerus met moderne geriewe en luukse afwerkings. Die Colony Restaurant in die hotel is bekend vir heerlike en onmiskenbare Suid-Afrikaanse disse, terwyl die Café Brûlé-koffiewinkel 'n gewilde kuierplek vir plaaslike inwoners geword het.
"Die Queen's Hotel het 'n gevestige internasionale en plaaslike kliëntebasis en die ryk geskiedenis, ou sjarme en Karoo- gasvryheid is 'n opwindende toevoeging tot die BON Hotel-groep. Dié hotel sal ook 'n toevoeging wees tot die ervaring en diversiteit van aktiwiteite wat toeriste in Oudtshoorn kan beleef. Ons sien uit na 'n baie suksesvolle vennootskap met die eienaars en Queen's Hotel-span," sê Stehlik.
Die Queens Hotel wat nou deur die BON Hotel-groep bestuur gaan word.Foto: Voorsien
Die Queens Hotel sal deel vorm van die volgende BON Hotelle in Suid-Afrika:
- BON Hotel Bloemfontein Central (Vrystaat)
- Elephant Lake Hotel by BON Hotel (KwaZulu-Natal)
- St Lucia Lodge by BON Hotel (KwaZulu-Natal)
- Royal Palm Hotel and Apartments by BON Hotels (KwaZulu-Natal)
- BON Hotel Empangeni (KwaZulu-Natal)
- BON Hotel Waterfront Richardsbay (KwaZulu-Natal)
- BON Hotel Rustenburg (Noord-Wes)
- Buckler's Afrika Lodge by BON Hotels (Mpumalanga)
- Shishangeni by BON Hotels (Mpumalanga)
- Mountain View by BON Hotels (Mbabane)
- Protea Hotel Durbanville (Kaapstad, Wes-Kaap)
- Cape Diamond Boutique Hotel by BON Hotels (Kaapstad, Wes-Kaap)
Die BON hotel-groep se portefeulje van hotelle strek oor Suid-Afrika, Swaziland, Nigerië, Ghana en Ethiopië.
Die Queens Hotel wat nou deur die BON Hotel-groep, vanaf 1 Junie, bestuur gaan word.Foto: Sonia Wahl
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'