OUDTSHOORN NUUS - Die nuwe biblioteek in Rose Valley is nou amptelik oop vir die publiek. Hierdie gebou het agt maande geneem om te voltooi en is versier met ysterwerke wat die uniekheid van Oudtshoorn se volstruisbedryf beklemtoon.
Anroux Marais, minister van kultuursake en sport het die publiek aangemoedig om die area te benut sodat dit vir die gemeenskap 'n fokuspunt sal word.
"Onthou dis julle, die gemeenskap se biblioteek hierdie, pas dit asseblief op. As dit vernietig word, sal ons dit nie weer kan herstel nie, kyk asseblief mooi daarna."
Chris Macpherson, burgemeester van Oudtshoorn het vertel dat dit 'n voorreg is om hierdie biblioteek in die ou Riemvasmaak te open en hoe wonderlik dit is om hierdie eerste ikoon in Rose Valley te open.
"Hierdie is die eerste amptelike gebou in die area wat geopen word met die naam Rose Valley, wat 'n wonderlike geleentheid."
Van links is Pierre Blaauw (Asla se direkteur), Anroux Marais (minister van kultuursake en sport) en Chris Macpherson (burgemeester van Oudtshoorn) besig om die rooi lint te knip.
Elbé Kruyt (vorige hoofbibliotekaresse van Oudtshoorn-munisipaliteit) het ook vertel hoe sy 10 jaar gelede op die terrein gestaan het en gesê het, "hier moet die biblioteek vir Rose Valley gebou word." Kruyt het ook die amptelike besigheidsplan aan die provinsiale biblioteekdiens ingehandig om 'n biblioteek vir die area te motiveer.
"Ek het vir hulle gesê hoe moet die kindertjies wat in die area bly, by 'n biblioteek uitkom."
Pierre Blaauw (direkteur van Asla), Mcpherson en Marais het die rooi lint vir die opening van die biblioteek geknip, en die onthulling van die gedenkplaat is in 'n vrolike luim deur Marais en Mcpherson, onthul.Cecilia Sani (direkteur van biblioteek dienste in die Wes-Kaap) is baie opgewonde oor die nuwe biblioteek en wat dit vir die gemeenskap gaan beteken.
Anroux Marais (minister van kultuursake en sport).
Die nuwe biblioteek van binne.
Die koor van Laerskool Saturnus. Fotos: Sonia Wahl
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'