OUDTSHOORN NUUS - 'n Groot gedeelte van die Oudtshoorn-gholfklub se setperk langs die twaalfde putjie is gesteel.
Volgens 'n lid van die klub, Willem Burger, het hy vanoggend (Dinsdag 29 Mei) op die beskadigde setperk afgekom. "Ek was gister op die gholfbaan en het gesien iemand het met 'n graaf 'n stuk van die setperk se gras afgesteek. Vanoggend het ek weer gaan kyk en gesien die gras is weg."
Burger het gesê, "alhoewel die polisie uitgeroep is, het ons besluit om nie 'n klag in te dien nie." Die gholfklub bied wel 'n beloning aan vir inligting wat kan help om die booswigte op te spoor.
Die klubkaptein, Johann Cornelissen, het op Facebook geskryf: "Hierdie is 'n baie ernstige saak en ons vra dat enige iemand wat inligting kan bied wat sal lei tot die vervolging van die oortreders, die klub asseblief moet skakel by 044 272 4201."
Cornelissen sê dit is net 'n oorlas vir die klub om skade soos dié te herstel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'