OUDTSHOORN NUUS - CANSA Oudtshoorn het Saterdag 3 Maart 'n baie suksesvolle Shavathon by Checkers aangebied.
Volgens Amanda Koen, fondswerwer en administratiewe personeellid by CANSA Oudtshoorn, het ongeveer 150 mense by die Shavathon-stalletjie aangedoen.
"Ons sny en kleur nie net mense se hare om geld in te samel vir CANSA nie, maar stel ook verskeie produkte beskikbaar om verkoop te word."
Op Vrydag 9 Maart van 09:00 tot 13:00 sal die Shavathon-stalletjie by Suid-Kaap Kollege staan.
Koen vra dat mense hulle in groot getalle moet kom ondersteun.
Vir meer inligting kan CANSA by 044 272 2724 gekontak word.
Oudtshoorniete wat hulle hare laat sny en / of kleur het tydens die afgelope naweek se Kansa Shavathon, is voor Phillip Potgieter. Agter, van links: Jaco van Blerk, Dawid Pienaar, Amanda Koen (Kansa Oudtshoorn) en Johan Kriegler.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'