OUDTSHOORN NUUS - Noemwoord (20), een van Oudtshoorn se jong opwindende rymkletsers, het verlede week sy eerste CD, Kom ons vibe vrygestel.
Die rymkletser, sanger, akteur en digter, wie se biologiese naam Janion Kennedy is, sê dat hy die verhoognaam, Noemwoord, as jong seun gekry het as gevolg van sy vermoë om enige woord in 'n storie te omskep.
Noemwoord, wat al by die Rymklets van Oos tot Wes en Mengelmoes-verhoog by die KKNK opgetree het, is oorspronklik van Dysselsdorp, en het in 2016 besluit om permanent op Oudtshoorn te kom woon.
"Soos die titel aandui kan luisteraars verwag om 'n goed-voel-vibe te kry as hulle na my liedjies luister. Ek en my CD se musiekvervaardiger, Danny B, het ook onlangs die musiekvideo van die hoofenkelsnit op my CD, Donkerwolk, geskiet en heelwat positiewe terugvoering op my Facebook-blad gekry.
Vir enige navrae e-pos Noemwoord by kguviano@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'