DE RUST NUUS - Die skoolhoof van De Rust Sekondêr, Graham Herold (59), het op 15 Desember die tuig neergelê.
Herold is sedert 2018 die hoof, maar is reeds sedert 2004 by die skool.
Hy is in 2004 as departementshoof by die skool aangestel en is in 2007 tot adjunkhoof bevorder waarna hy skoolhoof geword het. Sy loopbaan as onderwyser het in 1984 by De Rust Primêr begin.
In 1997 is hy as departementshoof by De Rust Primêr aangestel.
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'