OUDTSHOORN NUUS - Die Huisrivier, wat die hoof bron van water vir De Rust en Blomnek is, loop sterk, maar die water is tans troebel.
De Rust het geen suiweringsaanleg en die water word net ontsmet deur chlorinering.
Volgens Aurelia Mle, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, hou die toename in troebelheid geen direkte gevaar in nie, maar kan wel die effektiwiteit van die chlorinering beinvloed.
"Ons versoek dus inwoners van De Rust en Blomnek om drinkwater te kook tot tyd en wyl die waterkwaliteit terugkeer na normaal."
VERSKAFDE VIDEO: Die Huisrivier by De Rust.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’